News

Refentse glo met motor deur muur

Netwerk24 berig dat die sanger Refentse glo vanoggend (24 Januarie) deur ‘n muur van ‘n huis in Potchefstroom geploeg het. Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is geen dossier van die voorval nog geopen nie. “Die bestuurder het op die toneel om verskoning gevra. Daar is geen klag teen hom ingedien nie. Dit blyk dat die eienaar …

Netwerk24 berig dat die sanger Refentse glo vanoggend (24 Januarie) deur ‘n muur van ‘n huis in Potchefstroom geploeg het.

Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is geen dossier van die voorval nog geopen nie.

“Die bestuurder het op die toneel om verskoning gevra. Daar is geen klag teen hom ingedien nie. Dit blyk dat die eienaar van die huis en die bestuurder ‘n ooreenkoms bereik het,” het Chaka gesê.

Hy het bevestig dat die naam van die bestuurder, Refentse Quinton Morake is.  Volgens Chaka het hy beheer van die voertuig verloor waarna hy deur die muur is.

Potchefstroom het gisteraand (23 Januarie) en vanoggend (24 Januarie) onder erge donderbuie gebuk gegaan.

(Berig deur Potchefstroom Digitale span)

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button