Hoof geskors na Parktown-tragedie
Die skoolhoof van Parktown Boys High School is geskors. So ook die amptenare wat die skool se aansoek vir die 3 dae oriënteringskamp vir graad 8 leerlinge moes assesseer by die onderwysdepartement se distrikskantoor en glo nie die skool ingelig het van hoe die asseseringsproses vorder nie. Lesufi het die skorsings aangekondig tydens ‘n nuuskonferensie …
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2019/10/caution-2-3.gif)
Die skoolhoof van Parktown Boys High School is geskors. So ook die amptenare wat die skool se aansoek vir die 3 dae oriënteringskamp vir graad 8 leerlinge moes assesseer by die onderwysdepartement se distrikskantoor en glo nie die skool ingelig het van hoe die asseseringsproses vorder nie.
Lesufi het die skorsings aangekondig tydens ‘n nuuskonferensie vandag, Vrydag 24 Januarie, in Johannesburg, waar die Gautengse LUR vir Onderwys verduidelik het dat die skorsing gedoen word sodat die onafhanklike ondersoek na die dood van die 13-jarige Enock Mpianzai, ‘n leerling van Parktown Boys High, sonder “steurings” voltooi kan word.
Enock se liggaam is verlede week gekry nadat hy in die Krokodilrivier verdrink het by die Nyati-Oord buite Brits waar die skool se graad 8’s se oriëteringskamp gehou is.
Lesufi het gesê dat sy departement nie goedkeuring gegee het vir die kamp nie, hoewel die skool aansoek gedoen het by die onderwysdepartement se distrikskantoor. (Bron: Netwerk24)