NewsNews

Voorsorg teen Donderstorms

Voorsorg teen Donderstorms

Van swaar weer kan jy Parysenaars niks vertel nie, soos wat weer in Desember hier gesien is met groot stormskade en gepaardgaande kragonderbrekings. Hier is ‘n paar nuttige wenke om te onhou.
•Maak seker daar is geen los voorwerpe buite die huis wat deur stormwinde opgeraap en skade kan veroorsaak nie.
•Parkeer voertuie in ʼn motorhuis of onderdak.
•Maak seker troeteldiere het skuiling.
•Ontkoppel alle elektriese toestelle.
•Moenie ʼn telefoon gebruik nie.
•Hou ʼn sonkrag gelaaide lig, flits, batterye of kerse en vuurhoutjies byderhand vir noodgevalle.
•Geen plek buite is veilig teen donderweer nie.
•Wanneer jy donderweer hoor is weerlig nie ver agter nie.
•Verlaat onmiddellik die see, ʼn dam, ʼn meer of enige water.
•Moenie stort of bad nie.
•Moenie ʼn sambreel of visstok in die buitelug vashou nie, aangesien dit weerlig kan gelei.
•Bly weg van deure, vensters en stoepe.
•Moet nie teen mure leun nie of op sementvloere lê nie.
•Kom dadelik af van berge, koppies en hellings.
•Bly weg van metaalstrukture, kragdrade of draad- of metaalheinings.
•Moet nie op die grond lê, of onder ʼn boom of oorhang skuil nie.
•Indien iemand deur weerlig getref word, moet daar onmiddellik mediese hulp ontbied word. Monitor die persoon en indien nodig, pas intussen noodhulp toe. Ook belangrik om te onthou dat persone wat deur weerlig getref word nie ’n elektriese stroom oordra nie. (Addisionele bron: Albamawx.com)

Related Articles

Back to top button