NewsNews

Groot aksie vir Noordwes rolballiga verwag

Groot aksie vir Noordwes rolballiga verwag

Spel vir Noordwes Rolbal se 2020 ligawedstryde begin op 25 Januarie. Groot belangstelling word veral in die Premier Mans en Vroue liga verwag waar ses spanne aan elk van die ligas sal deelneem.
Die ses mansspanne is Klerksdorp 1 (Tinus Crous, Pikkkie Loots, Josh Radebe en Piet Croucamp), Klerksdorp 2 (Errol Booth, Alan Kirkland, Mike Benetto en Deon Pitts), Mafeking (Johan van der Walt, Callie Venter, Trevor Watson-Thoms en Eddie van der Heiden), Parys (Rudi Jacobs, Henk Prinsloo, Jaco Nel en Raymond Loubser), Potchefstroom Rolbalklub (Pierre Breitenbach, Gerrit J van Rrensburg, William Minne en Smittie Smit), en Fochville (Angus Mac Donald, Carl de Klerk, Frans Hauptfleisch en Gert van Tonder).
Die Vroue Premierliga spanne is: Klerksdorp (Jillian Booth, Anina Neethling, Dalene Peens en Rhonda Kallis), PCC (Cathy Stewart, Baby Mojanaga, Charmaigne Goodman en Leatitia Oosthuizen), Mafeking (Ann Buys, Judith Venter, Karina van der Walt en Gisela Naylor), Potchefstroom Rolbalklub (Corrie Breitenbach, Rose du Plessis, Serlina Venter en Jean du Toit), Parys (Tracey Jacobs, Toets van der Westhuizen, Emmie Pelser en Lazuya Serfontein) en Lafarge (Gladys Yelland, Corrie Meyer, Marisa Veenstra en Nicoll Jaarsma).
Daar het 21 mansspanne vir die Eerste liga ingeskryf, onder meer ses spanne van Klerksdorp en vyf van die Potchefstroom Buiteklub (PCC). Twaalf vrouespanne sal meeding in die Vroue Eerste liga. Klerksdorp en PCC het elk drie spanne. Dit beteken dat 180 rolbalspelers vanoor die provinsie aan die ligas gaan deelneem. Die oplewing in die Weermagklub is merkbaar met ‘n mans- en vroue- span wat ingeskryf het.

Related Articles

Back to top button