News

Parys ballerinas beste in NW en Vaaldriehoek-streek

Parys ballerinas beste in NW en Vaaldriehoek-streek

Twee ballerinas van die X-Stream Dance Academy in Parys het onlangs behoorlik naam gemaak. Mizelle Terre’Blanche het die “Intermediate” trofee vir 2019 in die Noordwes en Vaaldriehoek-streek verower, terwyl Janine van der Merwe die “Intermediate Foundation” trofee ontvang het.
Die naaswenners was Petra Fouche en Joret Botha, beide van die Anette Botha balletskool in Lichtenburg.
Die eksaminatriese was mev. Beverly Hall van Durban.
Spesiale melding is ook van nog ‘n Parysenaar, Lili Meyer, gemaak vir “Intermediate”.
Studente van Jackie Campher se X-Stream Dance Academy het boonop na afloop van hul Cecchetti Ballet eksamens 18 onderskeidings (goud) en 10 meriete (silwer) simbole verwerf.

Related Articles

Back to top button