NewsNews

Onderwyser sterf aan hartaanval by parkrun

Onderwyser sterf aan hartaanval by parkrun

Mede-parkrunners en vrywilligers het vergeefs probeer om hom by te bring. Ross Campbell, ’n woordvoerder van die ER24 ambulansdiens sê bystanders was met paramedici se aankoms by die toneel, omstreeks 08:54, reeds besig om Bekker met kardiopulmonêre resussitasie (KPR) te probeer bybring.

“Paramedici het oorgeneem en ’n outomatiese eksterne defibrillator gebruik in ’n poging om die pasiënt na sy bewussyn te herstel. Gevorderde
lewensondersteuning is ook gebruik terwyl kardiopulmonêre resussitasie vir langer as ’n uur voorgesit is.

 

Die negemalige Comrades-wenner en parkrun-pionier, Bruce Fordyce, het skaars ’n paar weke gelede (in Desember) die Riviera-on-Vaal-parkrun besoek. Foto: Christiaan Cloete

“Ongelukkig het hy aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar,” het Campbell verduidelik.
Die negemalige Comrades-wenner en Parkrun-woordvoerder, Bruce Fordyce, het by navraag gesê dat dit blyk of dit Bekker se eerste amptelike parkrun was. Fordyce het die voorval as hartseer bestempel en sy meegevoel teenoor Bekker se naasbestaandes uitgespreek.
Fordyce meen hoewel sterftes soos dié nie uitgesluit kan word nie, dit uiters skaars is.
Volgens hom het daar op die naweek wat Bekker aan ’n hartaanval dood is, sowat 53 000 mense aan parkruns regoor Suid-Afrika deelgeneem
en was dit die enigste voorval waarvan hy weet wat iemand dood is.
“Elke week is daar tussen 30 000 en 70 000 mense wat parkruns doen. Wêreldwyd is daar ’n kwartmiljoen mense wat elke Saterdag aan parkruns deelneem. Inaggenome die hoeveelheid mense wat weekliks aan parkruns deelneem en in verlgelyking met die hoeveelheid mense wat jaarliks sterf weens gesondheidsprobleme wat met onaktiewe leefstyle verband hou is hierdie soort voorvalle uiters gering,” verduidelik Fordyce.
Fordyce het skaars ’n paar weke gelede, in Desember verlede jaar, die Riviera-on-Vaal parkrun besoek, waar hy met parkrunners skouers geskuur en handtekeninge uitgedeel het.
’n Kollega van Bekker by Vereeniging Gimnasium sê hy het laat verledejaar aan parkruns begin deelneem op aanbeveling van sy geneesheer
wat glo gewaarsku het dat hy sy leefstyl sal moet verander.
Volgens Christman Krige, Bekker se swaer, was dié parkrun Bekker se derde parkrun maar eerste gerigestreerde een.
Hy het glo langs die gholfbaan gebly en gereeld daar gaan stap.
Volgens ’n kollega was Bekker sedert die ontstaan van Vereeniging Gimnasium (toe Hoërskool Vereeniging en HTS Vereeniging in 2013 saamgesmelt
het) by die skool betrokke.
Hy was voor die samesmelting ’n onderwyser by Hoërskool Vereeniging en voor dit was hy glo by Hoërskool Dr. Malan in Meyerton werksaam.
Huldeblyke vir Bekker het die afgelope week op Vereeniging Gimnasium se Facebook-blad ingestroom.
“Mnr. Nico het diep spore getrap in menige kinderharte,” skryf Suzette Ostman.
Riaan en Chantel Groenewald skryf: “Mnr. Bekker jy sal gemis word deur baie mense” Kobus Coetzer byskryf hom as ’n “groot gentleman” wat altyd “saggeaard en hoflik” was. Bekker word oorleef deur sy vrou, Elsa Bekker (60) en kinders Elsje Potgieter en Nico Bekker.

Related Articles

Back to top button