Dit is ‘n nuwe jaar propvol nuwe uitdagings en danksy Mosselbaai is daar eersdaags nog iets wat jy op jou “bucket list” kan byvoeg – die langste glykabel (zipline) oor die see ter wêreld.
Die nuwe hoogtepunt vir avontuurlustiges wat binnekort sy deure oopmaak vir die publiek, is ‘n 1 100m glykabel wat adrenalienverslaafdes teen sowat 80 km/h oor die water gaan laat gly. Die pret begin vanaf die kranse by die Van Riebeeck-stadion tot langs die Shark Lab-akwarium onder by die Poort strek. Die nuwe “thrill” sal jou sowat R450 uit die sak jaag, maar daar sal so af-en-toe glo spesiale pakkette beskikbaar wees.
Ongelukkig mag geen swanger vroue en kinders onder die ouderdom van ses jaar die glykabel gebruik nie. Daar is ook ‘n gewigsbeperking van 120kg. Wat ons hieruit leer is … begin solank spaar en dieet.