NewsNews

Onderwysstelsel faal leerlinge

Onderwysstelsel faal leerlinge

Volgens ‘n persverklaring deur die Vryheidsfront Plus het sowat 140 000 matriekleerlinge nie universiteits- of diplomavrystelling gehaal nie. Die hoeveelheid leerders met universiteitvrystelling het egter effens verbeter en met 8% sedert 2018 gestyg.

Slegs 42% (409 906) van alle leerders wat in 2008 met graad een begin het, het in 2019 matriek geslaag. Dit beteken dat 566 060 leerders nie graad 12 geslaag het nie.

Die hoë jeugwerkloosheidkoers en die hoë uitvalsyfers van skoolleerlinge en universiteitstudente bewys dat die onderwysstelsel leerders faal, deur hulle nie voor te berei vir die werkplek of voortgesette studie nie. Die tekort aan die ontwikkeling van kritiese denkvermoë en vaardighede van skoolverlaters maak dit byna onmoontlik vir skoolverlaters sonder verdere kwalifikasie om die arbeidsmag te betree, aangesien die fokus verskuif het na slegs voorbereiding om die matrieksertifikaat te behaal.

Related Articles

Back to top button