NewsNews

Monument in ongeluk beskadig

Monument in ongeluk beskadig

Dié monument, wat dekades gelede opgerig is om die simboliese ossewatrek van ‘n eeu terug in 1938 te herdenk, het skuins voor die Poskantoor aan die kant van die groot verkeersirkel naby President Hyper gestaan. Soortgelyke monumente is dieselfde jaar in talle dorpe en stede in die land opgerig.

Hoewel die monument met tye vergete was, het leerlinge van ‘n skool op die dorp die tuin rondom dit ‘n paar jaar gelede mooigemaak.
Volgens ‘n gemeenskapsleier op die dorp, mnr. Braam Nel, het die monument egter kort voor versoeningsdag in die slag gebly toe ‘n rooi BMW in dit vasgejaag het.
“Sover ek kon vasstel, is daar wel ‘n saak by die polisie oor die voorval oopgemaak. Ons wil egter graag die monument herbou dat dié deel van ons geskiedenis vir ons nageslagte bewaar sal bly,” sê Nel.
Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit het Dinsdag nie vrae geantwoord of hulle versekering het wat die skade aan die monument sal dek nie.
Inwoners wat betrokke wil raak by die aksie om die monument te herstel, kan Nel by 083 337 1749 skakel.

Die monument voor die ongeluk

Related Articles

Back to top button