NewsNews

TLU plaas druk op die Nasionale Vervolgingsgesag om die BLF-leier te vervolg

TLU plaas druk op die Nasionale Vervolgingsgesag om die BLF-leier te vervolg

TLU SA het ‘n klag by die Openbare Beskermer ingedien om die Nasionale Vervolgingsgesag te dwing om bevredighende antwoorde te verskaf oor die vervolging van die leier van Black First Land First, Andile Mngxitama. Dit het die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, Donderdag (9 Januarie) aan die Herald bevestig.

Die Nasionale Vervolgingsgesag kon tot nou toe nie bevredighede antwoorde verskaf rondom die haatspraak klag nie. Volgens die president van TLU SA, Louis Meintjies, is daar geen uitsluitsel wat met die saak gebeur of selfs wie dit hanteer nie.

Die haatspraak klag teen Mngxitama volg nadat hy op Saterdag, 8 Desember 2018 by die Ikageng stadion, in Potchefstroom sy mond uitgespoel het teen Johann Rupert. Vroeër het Rupert grapenderwys tydens ‘n onderhoud op die radiosatsie Power 98.7 gesê hy sal die taxibedryf gebruik om hom teen die EFF te beskerm.

Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF)

Mngxitama het in Potchefstroom onder luide toejuiging gesê “Hier is ‘n boodskap aan Johann Rupert: Vir elke mens wat deur die taxibedryf vermoor word, sal ons vyf wit mense doodmaak. Ons sal hulle kinders doodmaak, ons sal hulle vroue doodmaak, ons sal hulle honde doodmaak, ons sal hulle katte doodmaak, ons sal enigiets doodmaak wat in ons pad kom.”

“In terme van die Nasionale Vervolgingsgesagwet lê die mag om regsaksies namens die staat in te stel en te onderneem by die Nasionale Vervolgingsgesag. Die staat moet Suid-Afrikaners beskerm teen misdaad, maar faal keer op keer. Dit is kommerwekkend en skep die idee dat wetsoortreders kan doen wat hulle wil sonder enige gevolge”, sê Meintjies.

Related Articles

Back to top button