News

Tharina laat die koppe draai met ‘new look’

Tharina laat die koppe draai met ‘new look’

VANDERBIJLPARK. –  Die voormalige gr. R-onderwyseres en vermeende meesterbrein agter die ontvoering van die sesjarige meisie van Laerskool Kollegepark in September verlde jaar, Tharina Human (27), het vanoggend (9 Januarie) die koppe laat draai toe sy met swartpers hare, donkerrooi lipstiffie en ’n swart rok in die beskuldigdebank ingeskuif het.​ Sy het voorheen met blonde lokke gespog.
Tharina staan saam met haar medebeskuldigdes Laetitia Nel (40), Pieter van Zyl (50) en Bofokeng Molemohi (24) op aanklagte van ontvoering en afpersing tereg. Dit was hul  eerste verskyning van 2020 en dit was baie vlugtig.
Van Zyl en Molemohi het strak voor hulle uitgestaar en Nel het soos met vorige verskynings kort-kort haar trane afgevee.
Die beskuldigdes se verhoor sal later vanjaar in die hooggeregshof in Palm Ridge voortgaan, sodra ‘n verhoordatum gegee word. Die saak is na 25 Februarie uitgestel, wanneer daar hopelik ‘n datum bekend sal wees.​

Human, Van Zyl en Molemohi is steeds in aanhouding. Nel se borgtog is verleng.​

Tharina tydens vorige hofverskynings toe sy nog ‘n blondine was

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button