NewsNews

Padongelukke: Eisers kan lank wag

Padongelukke: eisers kan lank wag

Die lekker Desembervakansie is iets van die verlede en daarmee saam was daar natuurlik weer honderde padongelukke gedurende die feesseisoen. Meer as 1 400 mense het op die paaie gesterf. Die meeste padongelukke is veroorsaak deur dronkbestuur, spoed en bestuurders wat op gevaarlike plekke verbygesteek het.

Maar dan is daar slagoffers van padongelukke wat moontlik hofsake van ongelukke in hul guns kan beklink en vergoeding moet kry. Maar daar is slegte nuus. Duisende slagoffers van die padongelukkefonds wag tans om vergoed te word na hofbevele wel in hul guns beklink is.

Volgens ‘n persvrystelling het honderde eisers hulle onlangs na die hof gewend waar hulle ‘n dringende bevel gekry het om op agt van die RAF se Absa-bankrekeninge besleg te lê. Maar die RAF het op sy beurt verlede maand hof toe gegaan, waarin hy wou hê dat die bevel opgehef moes word, omdat hy gesê het dat hy eenvoudig nie die koste kon bekostig om hierdie eisers te betaal nie, aangesien sy uitstaande skuld meer as R17 miljard is. Die fonds het gesê dat hy nie sonder sy bankrekeninge kan funksioneer nie, omdat hy sukkel om kop bo water te hou

Die regsafdeling van die RAF het vroeër in hofstukke bevestig dat die fonds se aanspreeklikheid op die stadium vir beseerde motoriste meer as R17 miljard beloop. Die RAF ontvang slegs gemiddeld ongeveer R3,5 miljard per maand. Die gemiddelde eise wat elke maand ontvang word en nie betaal kan word nie is glo R4,3 miljard.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button