NewsNews

Maar wat as jy druip?

Als is nie verlore nie.

Die matriekuitslae is uiteindelik vrygestel en vir die meeste matrikulante was dit goeie nuus. Daardie sleutel tot die werklike lewe waarna hulle so lank reeds uitgesien het is uiteindelik hulle sin.

Maar wat van daardie gevalle wat nie so gelukkig was nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep (Sadag) is daar 23 selfmoordgevalle per dag in Suid-Afrika en ‘n verdere 230 selfmoordpogings. Daar is baie faktore wat tot selfmoord aanleiding gee, maar jaarliks is die grootste faktore wat aanleiding gee, die groot telleurstelling wanneer leerlinge hul matriekjaar druip.

Baie mense is geneig om te dink ons lewe  gaan oor alles of niks – jy wen of verloor, daar is net eenvoudig nie ‘n tweede, derde, vierde of vyfde plek nie. Jy dink jy druip ‘n eksamen en jou hele toekoms is daarmee heen. Nee, jy doen dit eenvoudig oor want jou hele toekoms lê nog steeds net daar vir jou voor. Dit gaan nêrens heen nie en jy is jonk, jy probeer weer.

Vir ander kan die vernedering net een te veel wees, want kom ons wees eerlik, ons samelewing kan maar wreed wees. Maar daarom is vriende en familie as steunpilare in ons lewens van kardinale belang. Suid-Afrikaners sal moet leer om maar net so “wintie” en selfversekerd soos die Amerikaners te raak as ons wil oorleef.

Jongmense se denke word ongelukkig deur die samelewing gevorm waarin hulle lewe, so dit sal van die mense rondom hierdie jongmense afhang hoe hulle hierdie soort terugslag hanteer. Dit kan ongelukkig ook nie net met een gesprek afgehandel word nie. Hierdie is die soort uitkyk op die lewe wat oor ‘n lang tydperk in jongmense tuisgebring moet word.

So aan die matrikulante wat dit gemaak het, baie geluk. Aan die wat weer gaan moet probeer, sterkte.

Hierdie matriekleerling van HS Vanderbijlpark kon steeds vir die kamera glimlag al het hy nie die paal gehaal nie. Maar hy is positief en gaan “her”. Foto: Elsje Vermeulen

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button