NewsNews

Samuel Brayshaw: Só onthou Parys se Voortrekkers hom

'n Man wat harte geraak het.

Samuel Brayshaw was ‘n Voortrekker-vriend, offisier, oud-gebiedsleier, ‘n (Voortrekker) pa vir meer as een Verkenner, en ook ‘n kameraad vir menige offisier.

Hy was iemand wat omgegee het,  – nie net vir jou nie, maar altyd uitgevra het by name oor elke lid van jou gesin.

Hy het diep spore getrap in Oord Riemland by kampe, kursusse wat hy op sy rustige manier kon aanbied en ook as raadgewer by verskeie kommando’s. Nuwe offisiere kon aan sy lippe hang.

Op Doornkloof het hy vir verskeie jare die Groot Trek spesialisasie aangebied waar hy elke graad 4’tjie lief gemaak het vir geskiedenis.

Hy was iemand vir wie die kind se belang ALTYD die swaarste geweeg het. Titels en medaljes was glad nie belangrik vir hom om na te jaag nie. Hy kon mens altyd laat welkom voel.

Samuel laat verseker ‘n groot leemte, maar ons koester die goeie herinneringe wat ons van hom het.

Parys se Voortrekkers dink in hierdie hartseer tyd in besonder aan sy gesin, familie en vriende.

  • Samuel Brayshaw, oud-gebiedsleier van die Voortrekkers in die Vrystaat is op Nuwejaarsdag oorlede. Sy gedenkdiens is Sondag 5 Januarie om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk in Heilbron. Die kerk is op die h/v Nicol en Stoffel Nel straat. Hy was 53 jaar oud.

Related Articles

Back to top button