Hierdie hond is angsbevange by die NG Parys-Oos gemeente gekry met die middernagdiens vanaand, Dinsdag 31 Desember, nadat hy weggehardloop het toe daar begin is om klappers te skiet.
Die hond het doodbang onder ‘n motor skuiling gesoek.
Asseblief help om sy eienaar op te spoor.
As jy kan help of dit dalk jou hond is, skakel baie dringend 073 179 0017.
Kyk asseblief mooi na jou diere in besonder vanaand. Die trauma wat diere beleef met vuurwerke maak dikwels dat hulle uit ‘n erf kom of hulself beseer in ‘n poging om weg te kom van die geluide.