News

Positief gerat vir 2020

Positief gerat vir 2020

Baie geluk aan Jarette Petzer, sy adminspan en al die lede van die #ImStaying Facebook-groep wat pas ‘n ledetal van 1 miljoen ondersteuners behaal het. Dit is beslis ‘n wonderlike prestasie in ‘n baie negatiewe klimaat waarin Suid-Afrikaners hulself tans bevind.

Danksy hierdie groep wat verkies om daagliks die blink kant te sien en mekaar te ondersteun, is baie mense se lewens die afgelope paar maande ten goede verander en het baie mede Suid-Afrikaners weer nuwe hoop gekry.

In Desember het dit onder lede van die groep vlam gevat om kelners ‘n 100% “tip”te gee. Met ander woorde as jou ete ‘n R150 gekos het, het die kelner ‘n R150  “tip”gekry. Kan jy jouself indink hoe ‘n wonderlike geskenk dit vir die kelners was, wat soms net ‘n afjak kry. Wel gedaan #ImStayers julle maak elke dag ons land ‘n bietjie mooier en ‘n bietjie meer “user friendly”.

As jy nog nie ‘n nuwejaarsvoorneme het nie, besluit dalk om meer postief te wees en vir aansporing kan jy by #ImStaying aansluit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button