News

Liggaam gekry

Liggaam gekry

Parys – Die liggaam van een van die mans wat gister in die Vaalrivier by die Mimosa Tuine verdrink het, is pas uitgehaal. Daar word nog gesoek na die tweede man.

Parys polisielede,  lede van die polisie se K9-eenheid en polisieduikers van Welkom het vanoggend vroeg die soektog  na die twee mans wie se kano gister in die Vaalrivier by die Mimosa Tuine omgeslaan het, voortgesit.

Familielede wat  langs die rivieroewer was, het dadelik hulp ontbied nadat die kano Saterdagmiddag laat omgeslaan het, maar teen skemer gister was daar steeds geen teken van die mans nie. Plaaslike polisielede sowel as lede van We Care was gistermiddag op die toneel.

Beide mans is na wat verneem is plaaslike inwoners.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button