NewsNews

Bykans 50 gesteelde selfone gekry na Kersdag-feestelikheid

Vermeende selfoondiewe vasgetrek

Drie mans tussen die ouderdom van 32 en 38 is deur Parys SAPD-lede  inhegtenis geneem, en beslag gelê op 47 gesteelde selfone tydens die Colour of Love Festival wat op Kersdag, Woensdag 25 Desember, by die Mimosa Tuine in Parys gehou is.

Dit nadat een van die verdagtes deur woedende feesgangers wat van hul selfone beroof is, aangekeer is en hulp van Parys SAPD ontbied is.

Verdere ondersoek het gelei na die motor wat deur die verdagtes gebruik is, en is ‘n tweede verdagte gearresteer wat met die motor probeer vlug het. Sy passasier wat ook in die motor was,  is naby Lavender Hills op die Potchefstroom-pad gearresteer nadat hy homself vinnig  uit die voete gemaak het toe sy makker gearresteer is.

Van die selfone is versteek onder die vloerpanele van die silwerkleurige Toyota Yaris gekry wat deur die verdagtes gebruik is. Die voertuig het ‘n Noordwes-registrasienommer gehad.

Die polisie ondersoek klagtes van diefstal en roof wat deur die klaers by die polisiestasie gerapporteer is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button