NewsNews

Dam loop deur onder ‘waterdiewe’ en rommelstrooiers

Dam loop deur onder ‘waterdiewe’ en rommelstrooiers

Weens die droogte het die damvlak baie gesak en word die gedeeltes wat leeg is, skynbaar nou gebruik om in die kuier of as ‘n “dumpsite” aangesien. “So lyk dit! Die gemors word net meer,” kla Peet Schabort wat foto’s van die stand van sake aan Vaalweekblad gestuur het. Op beide die foto’s is die Vaaldam in die agtergrond.

Daar kan nie met sekerheid gese word dat dit te danke aan besoekers of inwoners is nie, maar die groter vraag is, wie gaan dit nou skoonmaak? As die gemors meer en meer word, gaan dit beslis baie nadelig wees wanneer die damvlak in die toekoms styg en al die gemors in die dam beland.

Dit is egter nie die enigste probleem wat tans met die Vaaldam gepaard gaan nie. Daar is ook glo inwoners van Vaal Marina wat waterhouers van tot sowat 2 000 liter met pompe uit die dam volmaak en dan na hul wonings neem om hulle tuine nat te maak.

Volgens plaaslike inwoner Schalk van Tonder mag dit nie gedoen word nie.  “Hulle het nie toestemming of regte om direk water uit die dam te pomp, terwyl ander mense vir water moet betaal nie. Ek was by die polisie en hulle het dit beaam,” verduidelik Schalk.

Ongelukkig is daar tot op hede nog nie teen die “waterdiewe” opgetree nie. Altwee hierdie situasies sou beslis nie so maklik gewees het om mee weg te kom as daar strenger wetstoepassing in ons mooi land was nie.

So lyk dit nou in die oop dele van Vaaldam na die watervlak gedaal het. Agter kan die dam gesien word. Foto: Peet Schabort

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button