Vereeniging Fotoklub se Top 50-uitstalling
Die Vereeniging Fotografieklub hou jaarliks ‘n foto-uitstalling by die Riversquare-winkelsentrum in Vereeniging. Van die klub se Top 50 foto’s die afgelope jaar word dan te koop aangebied, en daar word ook deur winkelgangers vir die treffendste foto’s gestem. Dit was vanjaar die 11e keer dat die uitstalling gehou is. Dit was egter nie ‘n maklike …
Die Vereeniging Fotografieklub hou jaarliks ‘n foto-uitstalling by die Riversquare-winkelsentrum in Vereeniging. Van die klub se Top 50 foto’s die afgelope jaar word dan te koop aangebied, en daar word ook deur winkelgangers vir die treffendste foto’s gestem. Dit was vanjaar die 11e keer dat die uitstalling gehou is.
Dit was egter nie ‘n maklike taak vir almal wat in die stemproses gedeel het nie, omdat daar soveel mooi foto’s was om van die te kies. Uiteindelik is Linza van Aswegen se “Thirsty Lady” as die wenfoto gekies, met Leon Jacobs se “Rays over rocks” in die tweede plek, en Carla Sharp se “Home sweet home” in die derde plek.
Die wenner van die gelukkige trekking is D McIntyre. Die oorhandiging sal op 14 Januarie tydens die Fotografieklub se maandelikse klubaand plaasvind.