NewsNews

Schoonhoven se dood is groot verlies vir gholfgemeenskap

Schoonhoven is op 5 Oktober 2018 met rektumkanker gediagnoseer, maar het tot met sy dood ‘n positiewe houding en geloof in die Here gehad dat hy sou genees. 

Een van Potchefstroom en Noordwes se bekendste en grootste gholfadministrateurs en gholfliefhebbers, Coenie Schoonhoven, is na ‘n kort siekbed op die ouderdom van 60 die afgelope Donderdag (19 Desember) oorlede.

Schoonhoven of “Oom Coenie” soos baie hom genoem het was bekend in Potchefstroom vir sy betrokkenheid by Potchefstroom Buiteklub Gholf as sekretaris en ere-sekretaris en as direkteur van gholf by die Noordwes Gholfunie onder vele ander. Schoonhoven was ook vir lank in die SAPD by onder andere die veiligheidspolisie en speurderafdeling betrokke. Schoonhoven is ook ‘n oud-leerder van Potchefstroom Gimnasium en het in 1977 gematrikuleer.

Coenie Schoonhoven

Schoonhoven is op 5 Oktober 2018 met rektumkanker gediagnoseer, maar het tot met sy dood ‘n positiewe houding en geloof in die Here gehad dat hy sou genees.

Hierdie vasberadenheid en positiewe persoonlikheid is maar net wie Coenie was en volgens sy vrou, Susan, het hy altyd sy lewe so voluit as moontlik gelewe.

“Hy was ‘n wonderlike mens was uit sy pad gegaan het om ander te help. Hy het ook altyd sy wang gedraai en nooit ongeduldig gewees nie. Hy het ook altyd alles voluit gedoen.”

By die onkologie-afdeling het hy almal altyd gegroet en hulle met respek hanteer. Die siekte het hom nie mismoedig gemaak nie. Hy was ‘n trotse man wat nie wou he dat die kanker hom onder kry nie,” vertel Susan.

Talle mense in die gholfgemeenskap het alreeds hulle medelye oor Schoonhoven se afsterwe op sosiale media betoon. Dit is eens dat Schoonhoven se hart en medemenslikheid ‘n groot impak op mense op en van die baan gehad het.

“Coenie sou vroeg opstaan om na gholftoernooie te gaan en sou eers laat by die huis kom. Hy sou verslae van die toernooie skryf ook. Hy het altyd hard gewerk.”

Coenie Schoonhoven saam die Noordwes Gholfspan by ‘n IT-toernooi.

Schoonhoven laat sy vrou Susan en een seun Martin agter.

Sy verassingsdiens vind op Vrydag 27 Desember by die NG Moedergemeente Potchefstroom om 12:00 plaas. Sy roudiens sal ook by dieselfde gemeente op Maandag, 13 Januarie gebeur.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button