NewsNews

Dis weer Kersliggietyd by Uniestraat 30, Sasolburg!

    SASOLBURG. – Soos elke jaar in Desember is Uniestraat 30, Sasolburg, vanjaar weer ‘n skouspel van Kersfeesliggies! Almal is welkom om saans vanaf 19:00 tot so 21:30 by die adres verby te ry of ‘n rukkie stil te hou om na die pragtige kleurespel te kom kyk. As deel van hul vrywilligerdiens gaan …

 

 

SASOLBURG. – Soos elke jaar in Desember is Uniestraat 30, Sasolburg, vanjaar weer ‘n skouspel van Kersfeesliggies! Almal is welkom om saans vanaf 19:00 tot so 21:30 by die adres verby te ry of ‘n rukkie stil te hou om na die pragtige kleurespel te kom kyk.

As deel van hul vrywilligerdiens gaan die inwoners van Uniestraat 30 ook op 24 Desember in samewerking met Kersvader en die plaaslike GPF deur Sasolburg se strate ry om blydskap te bring en geskenkies aan minderbevoorregte kinders uit te deel.
Belangstellendes wat ‘n bydrae hiervoor wil maak, is welkom om geskenkies na die adres te bring, of ‘n geldelike skenking in die donasieboks by Uniestraat 30 te pos.
Op 23 en 24 Desember gaan kinders van plaaslike kinderhuise en huise van veiligheid ook die erf besoek om na die liggies te kom kyk. Indien daar genoeg geskenkies is, gaan dit dan ook onder die kleingoed versprei word.

  

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button