NewsNews

Kabeldiewe loop toe hul rieme styf

Skitterende samewerking sorg vir deurbraak.

‘n Groot deurbraak is vanoggend (Vrydag 20 Desember) in die vroeë oggendure gemaak toe vier vermeende koperkabeldiewe op heterdaad betrap en gerarresteer is tydens ‘n gesamentlike aksie tussen We Care lede, SAPD-lede van Parys en Tumahole  asook Parys Sekuriteit en CSS.

Dit volg na inwoners vir weke lank al knaend sukkel met internetlyne as gevolg van die diefstal.

Woensdagaand het ‘n lid van die publiek naby die hospitaal al onraad vermoed toe sy honde aanhoudend geblaf het en die toetsgate wat deur die vermeende kabeldiewe gegrou is, opgemerk is. Die verdagtes het egter op die vlug geslaan.

Nog gate is daarna ook deur We Care lede in Loopstraat opgemerk waar die hopies grond op die sypaadjie gelê het. Die kabel by die gate was reeds gesny.

Die kabel waarop beslag gelê is.

Die vermoede was toe  dat die kabeldiewe sou terugkom en is ‘n voorlê-aksie beplan in samewerking met al die rolspelers.

We Care-lede het Donderdagnag op die skoolterrein gewag. Toe die vermeende kabeldiewe die kabel onder die grond uittrek is hulle net daar op heterdaad betrap met die 95m se koperkabel by die paviljoene. Die polisie het net voor 01:00 die vier verdagtes gearresteer.

Parys se inwoners sê dankie vir sulke knap werk waarmee misdaad vasgevat word. Danksy die oplettendheid van elkeen wat help om die polisie se oë en ore te wees en die flink en vinnige optrede van die polisie, is dit ‘n groot deurbraak in die vlaag van kabeldiefstal wat diensverskaffers miljoene kos en verbruikers al raadop het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button