News

Brandweerwa afgeskryf na ongeluk

Die vier brandweerbeamptes is Medi-Cross hospitaal te geneem maar is later weer ontslaan.

ń Brandweerwa van die J.B. Marks munisipaliteit is Woensdagmiddag( 18 Desember) oppad terug van ń ongelukstoneel ook in ń ongeluk betrokke gewees.

Volgens Jeannette Tshite, munisipale woordvoerder, het die ongeluk omstreeks 15:20 op die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom plaas gevind.

“Die brandweerwa was oppad terug waar beamptes by ń ongeluk tussen twee swaarvoertuie hulp verleen het. Die brandweerwa is afgeskryf maar gelukkig met God se genade is nie een van die beamptes ernstig beseer nie,” het Tshite gesê.

Die vier brandweerbeamptes is Medi-Cross hospitaal te geneem maar is later weer ontslaan.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Related Articles

Back to top button