NewsNews

Kinderontvoering: ouers se grootste kommer!

Ontvoering, veral kinderontvoering het Suid-Afrika hierdie jaar swaar getref.

Ontvoering, veral kinderontvoering het Suid-Afrika hierdie jaar swaar getref. Sommer hier in die Vaal was dit ook een van die grootste skokke toe Amy’Leigh de Jager sommer reg voor die LS Kollegepark in Vanderbijlpark ontvoer is.

Hierdie skok-voorval het darem ‘n gelukkige einde gehad in die sin dat die pragtige kleinding gevind kon word en weer veilig by haar ouers is. Die sielkundige skade wat sy en haar ouers berokken is, is natuurlik ‘n hele ander storie. Haar ontvoering kon egter veel erger uitgedraai het, en hoe maklik dit gebeur het, het menige ouers slapelose nagte gegee oor die veiligheid van hul eie kroos.

Nou is dit Desember-vakansietyd en ouers en kinders sien uit om lekker te ontspan. Die nagmerrie-gebeure van die ontoering is effens agtertoe in die brein geskuif. Tog moet ouers bewus wees dat hierdie tyd van die jaar daar ’n groter risko en gevaar is vir kinders om ontvoer te word.

‘n Paar wenke wat vir veiligheid in gedagte gehou moet word is:

  • Vakansie-oord of strand is ’n goeie plek vir mensehandelaars om kinders te teiken.
  • Geen oord bied beskerming nie, doen self moeite om kinders veilig te hou.
  • Ouers wat op ’n onbekende plek is moet vooruit uitvind wie gekontak moet word in noodgevalle.
  • Kinders sal nie weet waarheen om te vlug of om hulp te vra nie.
  • Ontvoering is nie ‘n alledaagse misdaad nie, maar wel een van geleentheid.
  • Ouers en kinders wil graag ‘n sorgvrye vakansie geniet, maar praat vooraf met hulle oor risiko’s en noodsituasies.
  • Kinders moet geleer word om weg te bly van vreemdeling, maar kinderontvoering word meestel gedoen deur ‘n familielid of iemand wat jou kinders ken.

Related Articles

Back to top button