NewsNews

7-Jarige ernstig beseer na ongeluk

7-Jarige ernstig beseer na ongeluk

ER24 sê sy ouer sussie het matige beserings opgedoen en sy ma geringe beserings na hulle beheer oor hulle voertuig verloor het en in ‘n lamppaal vasgery het. ‘n Polisiebeampte wat nie aan diens was nie, het eerste op die toneel gekom en het ‘n verbygaande JMPD voertuig gekry om af te trek. ER24 paramedici het omstreeks 14:45 op die toneel gekom waar hulle gevind het dat die seun, wat voor in die passasiersitplek gesit het, die ergste beserings opgedoen het.
Hy is gevorderde lewensondersteuning toegedien en deur ‘n private mediese helikopter na ‘n private hospitaal vir verdere sorg geneem. Die dogter, wat glo agt jaar oud is, is ook op die toneel behandel en na die Bheki Mlangeni Distrikshospitaal geneem. Die ma is na die Lillian Ngoyi Community Health Centre vir verdere behandeling geneem na sy ook op die toneel behandeling ontvang het. ER24 weet nie wat die oorsaak van die ongeluk is nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button