NewsNews

Holly Jolly-krismis vakansie

Holly Jolly-krismis vakansie

Die Kersvakansie het uiteindelik aangebreek en die verskillende vakansiebestemminge roep! Valies wat so gelukkig is om die lang pad te vat na ‘n welverdiende ruskans, moet egter onthou dat padveiliheid begin deur jou motor deeglik voor die tyd na te gaan.

Moenie deel word van die padongeluk-doodsyferstatistiek nie, raak deel van die beweging om dit te bekamp.

Om jou bande na te gaan en seker te maak dat hulle nog geskik is om die lang pad aan te durf, kan die dun lyntjie tussen lewe en dood wees.

Die volgende 3 wenke kan jou baie hartseer spaar:

  1. Behou die regte drukking vir bande

Ondersoek jou motorbande se drukking ten minste een keer per maand. Stel ‘n “reminder”om jou te laat weet wanneer dit weer tyd is. Volg die lugdruk-aanwysings wat vir jou motorbande aanbeveel word. Bande wat effens pap is beskadig nie net jou bande nie, dit kan ook lei tot ‘n ongeluk.r

  1. Ondersoek die loopvlak van bande

Dit moet ook een keer per maand gedoen word. Draai jou motor se stuurwiel  so ver regs as moontlik om behoorlike ondersoek in te stel. Kyk of die loopvlak nog oral gelyk is en of dit nie te glad begin word nie. Die TWI  behoort ten minste 1.6mm te wees, indien nie moet die band vervang word. Onder 3mm loopvlak begin dit reeds ‘n uitwerking op jou motor se remvermoe. In nat weer kan dit beslis tot ‘n ongeluk lei.

  1. Roteer bande gereeld

Die voorgestelde reel hiervoor is elke 8 000 km tot 10 000 km. Hou ‘n dagboek van hoe die bande geroteer word. Laat die bande by ‘n betroubare motorbandspesialis ruil en balanseer

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button