NewsNews

“Ons is net ’n platform vir Sy werk”

“Ons is net ’n platform vir Sy werk”

Hulle wil ‘n verskil in mense se lewens maak. Hoop gee waar nie hoop is nie en stabiliteit en balans gee in stukkende lewens. Dit is waarvoor Chariots of Fire hulle beywer – diensbaarheid aan ‘n gemeenskap om die nood onder bejaardes in die dorp, die nood van hulle wat minder het, en hulle wat afhanklik is van dwelms en ander middels aan te spreek deur ‘n daadwerklike verskil te maak.
So gesels Annie Coetzee oor die roeping van diensbaarheid in Parys wat sy al as jongmeisie ontvang het. ‘n Roeping wat met die jare oor en oor aan haar bevestig is en net al sterker geword het. Saam met haar man, Roelf, ‘n afgetrede AGS-pastoor, het hulle Chariots of Fire as nie-winsgewende organisasie begin.

Mettertyd is hul motorhuis omskep in ‘n plek van bediening waar hulle oor kerkgrense heen mense met die Woord bedien, ongeag van taal, ras, geslag of kerkverbintenis. “Mense kan kom sonder skoene, soos hulle is, ons oordeel nie. Ons wil nie mense uit hul kerke uit neem nie – eerder net help om hul geloof in Christus te vestig deur geloofsbyeenkomste wat buite kerktyd weekliks hier gehou word.”
Dit is ook by dié dienste waar omgesien word na mense se fisiese behoeftes en waar reeds meer as 50 etes per maand gegee word.

Pakkies vol bederf staan gereed om uitgedeel te word op 16 Desember. Bo is van die speelgoed wat nog verpak moes word.

Chariots of Fire waar daar weekliks uitgereik word, nie net na hulle in nood se fisiese behoeftes nie, maar veral geestelike nood. Op die foto is Annie Coetzee.

So gaan daar ook op 16 Desember Kersgeskenke uitgedeel word aan kinders in gesinne met nood. Hoewel daaar aanvanklik beplan is vir 100 geskenke, was dit verlede week reeds duidelik dat heelwat meer kinders gehelp sal kan word. “Ons het vir niks gevra nie, mense het eenvoudig net hul harte oopgemaak. Die 30 beertjies wat ons gekoop het, het gegroei in ‘n ongelooflike omgee van mense, nie net in Parys nie, maar sover as Mosselbaai – 1000km van hier.” Vir Roelf en Annie is die werk wat hulle doen net ‘n verlenging van God se hand. ‘n Platform waardeur God sy werk kan doen.

En hiervoor glo sy het God hulle die agtergrond gegee – Roelf as leraar, en sy as opgeleide verpleegster, geestelike werker by Parys Korrektiewe Sentrum, en self ook met ‘n teologiese graad van die Hebron Teologiese skool.
“We are inperfect but forgiven children of God.” Mense wat meer wil weet oor Chariots of Fire is welkom om Annie by 072 774 1984 te skakel

Related Articles

Back to top button