NewsNews

Toemaar geen beurtkrag oor Feestyd

Toemaar geen beurtkrag oor Feestyd

Die goeie nuus vir verbruikers is dat daar tussen 17 Desember en 13 Januarie geen beurtkrag sal wees nie. En dan sê president Cyril Ramphosa sal geen verlof vir Eskom uitvoerende beamptes en sleutelbestuurders oor die Feestyd teogestaan word nie om te verseker die ligte bly aan.

In  dieselfde asem het die president tydens ‘n nuuskonferensie vanmiddag gesê dat sabotasie een van die redes is hoekom beurtkrag die afgelope ruk toegepas is. Dit tesame met die verouderde infrastruktuur wat een van die grootste bydraende faktore was  en boonop vererger is deur die reën.

Hoewel sabotasie dalk nie so groot impak gehad het nie, het dit beslis bygedra tot van die ander probleme, en het Ramophosa gesê ondersoeke is aan die gang.

Hy het  gesê Khusile en Medupi kragstasies se ontwerpfoute word aangespreek en die hoop is dat die twee kragstasies die nodige krag sal opwek om die krag te vervang wat verlore sal gaan as van die ouer kragstasies sou sluit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button