News

Beurtkrag pla nie – jy kan maar kom skenk

Komaan jy kan 'n verskil maak

Moenie dat die eendeweer of beurtkrag jou in jou spore stuit nie.

Onweer of mooi weer die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens  (SANBD) se mobiele skenkerskliniek personeel is op hul pos en jy kan selfs wanneer dit beurtkrag is gaan bloed skenk. Parysenaars het  nog tyd  tot 19:00 vanaand om te kom skenk by die Hervormde Kerk in Parys.

Komaan jy kan help om ‘n lewe te red. Teen 14:00 is daar nog net 5 eenhede bloed geskenk. Die Bloeddiens het jou bydrae nodig vandag!

Willem Hallaby gee sy bydrae by die mobiele skenkerskliniek in Parys.

 

Elke bloedskenker sal ‘n Feesseisoen-geskenk ontvang.

Die doelwit vir die dag is 100 eenhede bloed en jy kan help.

SANBS se Kroonstad-tak waarvan Parys deel is, moet oor Desember 1 000 eenhede bloed insamel – 500 eenhede deur mobiele klinieke, en 500 eenhede deur die Kroonstad Bloedskenk Sentrum.

Related Articles

Back to top button