NewsNews

Geloftefees op 111 jaar oue terrein

Geloftefees op 111 jaar oue terrein

DeWetsdrift-geloftefees
‘n Geloftefeesdiens sal weer vanjaar op Maandag 16 Desember by die geskiedkundige 111 jaar oue DeWetsdrift Geloftefees-terrein in die Vredefort Koepel gehou word. Die program begin met voorsang om 09:00 waarna die diens, gelei deur Juan Greeff om 09:45 sal begin.
Daar sal ‘n vlaghys/kransleggingseremonie wees. Die kranslegging word gedoen deur Toit en Hettie Brink, en die vlaghysing deur Li-Mei en Joaquin, met trompetbegeleiding deur die jeug. ‘n Perdekommando met Niel Roodt, Yzelle Kurten, HB Crous en Lorenco Crous vorm ook deel van die verrigtinge.
Die spreker is prof. André Duvenage, professor in Politieke Wetenskap aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus.
Daar is gratis boereworsrolle en koeldrank vir feesgangers wat aangebied word deur Elna Saayman, Nollie Meintjies en span.
Kom kuier die dag saam op die Dewetsdrift Geloftefeesterrein teen die oewer van die Vaalrivier.
Daar is genoeg vuurmaakgeriewe en besoekers en gaste is baie welkom.

 

Die foto’s is in 2018 met die Geloftefeesdiens op DeWetsdrift geneem. 

Die Dewetsdrift Geloftefeesterrein is 7km vanaf die Skandinawiëdrift-brug aan die Vrystaat-kant van die Vaalrivier rivier-op.
Vir navrae skakel Stephan du Toit by 083 540 7375 (fasiliteerder), Sue Jansen van Rensburg by 083 254 7302 of Herman van Wyk by 082 770 9444.

 

Related Articles

Back to top button