News

N12 onder water

N12 onder water

 

Die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp is tans gesluit weens reënwater wat by sekere dele van die pad opdam en dit vir motoriste ontoeganklik maak.

Motoriste word gewaarsku om alternatiewe roetes te ry. Verskeie huise in informele nedersettings langs die N12 is ook onder water. Groot gedeeltes van Potchefstroom is Sondagmiddag (8 Desember) sonder krag gelaat.

Johan Zerwick, wyksraadslid van wyk 4, het al verskeie keer gewaarsku dat daar nie planne is om met hierdie tipe voorvalle te hanteer nie.

 AUTHOR

digital team

SPONSORED

All Things Adventure 2018

SPONSORED

Businesses in Potch

COMMENTS

Related Articles

Back to top button