NewsNews

Ford moet opdok oor Kuga se ‘gevaarlike fout’

Ford moet opdok oor Kuga se ‘gevaarlike fout’

Een van die mees merkwaardige gebeure van 2017 was die Ford Kuga 1.6 EcoBoost wat vir al die verkeerde redes in nuusopskrifte beland het, toe so ‘n model aan die brand geslaan en tot die dood van een persoon gelei het.

Net soos ander Ford Kuga-eienaars regoor die land, was daar ook baie plaaslike inwoners wat so gou moontlik van hul voertuig ontslae geraak het.

Die saak sloer sedertdien, maar het nou tot finaliteit gekom. Ford moet ingevolge die hofbevinding miljoene Rand opdok. Die maatskappy wat aanvanklik ontken het dat sy Kuga model ’n ernstige en gevaarlike fout bevat, moes uiteindelik in die beslagting saak erken dat hy ’n voertuig vervaardig het wat menselewens in gevaar stel.

Ford moet ingevolge die finale uitkoms, R35 miljoen aan boete opdok.

Daar is ook bepaal dat alle eienaars wie se motors onklaar geraak het, R50 000 vergoeding moet kry, wat na kenners se mening ’n uiters onregverdige beslissing is, aangesien sommige eienaars veel meer as R60 000 se skade gely het.

Daar bestaan glo ’n opsie dat Ford-eienaars verder met die maatskappy kan onderhandel indien hulle nie tevrede is met die bedrag wat toegeken is nie.

Daar het glo sowat 160 eienaars klagtes oor die Ford Kuga 1.6 EcoBoost ingedien.

Related Articles

Back to top button