NewsNews

Trein tref motor

Trein tref motor

Die motor, ’n wit Mercedes- Benz, is deur die snelbewegende vragtrein meegesleur en het honderde meter vanaf die kruising tot stilstand gekom. Midvaal Fire and Rescue moes help om die lyk van die man uit die opgefrommelde

motorwrak te bevry. Die oorledene is glo ’n man van 29. Sy naasbestaandes was teen Vaalweekblad se saktyd nog nie van sy dood in kennis gestel nie, dus kan sy identiteit nie bekend gemaak word nie. Volgens kapt. Fikile Funda, ’n polisiewoordvoerder, word ’n saak van strafbare manslag ondersoek.
Die spoorweglyn was Maandagaand vir ure gesluit terwyl opruimgswerk gedoen is.

Related Articles

Back to top button