News

Ongeluk-saak waarin twee sterf weer uitgestel

Ongeluk-saak waarin twee sterf weer uitgestel

‘n Man wat van strafbare manslag en dronkbestuur aangekla word na ‘n ongeluk waarin twee jong mans dood is, was vandag (2 Desember) wéér in die hof in Potchefstroom. Dié saak is al verskeie kere uitgestel en die ouers van die twee seuns sê hulle geduld is besig om op te raak.

Die saak teen Petrus Borstlap, is nou na 28 Januarie 2020 vir verdere ondersoek uitgestel.

Die ongeluk het Donderdag, 15 Augustus in Govan Mbeki-rylaan naby die gholfbaan in Potchefstroom plaasgevind.

Die twee vriende Kobus Huyser (28) en Neil Grobler (19) is saam in die ongeluk dood.

Danie Huyser en Joggie Grobler, die jong mans se pa’s is beide ontevrede met hoe die saak tot dusvêr hanteer is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button