News

Leerling maak eie matriekafskeidsrok

Leerling maak eie matriekafskeidsrok

Dit was egter nie die eerste keer dat Marezha ‘n matriekafskeidsrok gemaak het nie. Sy is verlede jaar deur ‘n vriend, Nathan du Plessis, gevra om hom na sy matriekafskeid van die te vergesel.
“Ek het nooit getwyfel aan myself nie. Ek het geweet ek kon by my ma aanklop as ek hulp nodig het,” sê Marezha.
Haar ma Retha, het altyd vir haar kinders klere gemaak.
Marezha het haar ma se werksvernuf goed dopgehou oor die jare en besluit dat sy dit ook sal kan doen. Marezha het ‘n tekening van haar beplande rok aan haar ma gewys, waarna haar ma haar stap vir stap gewys het wat om te doen.
“Ek het die hele vakansie, van 08:00 in die oggend tot 17:00 elke dag, behalwe Sondae, gewerk. “Nathan het met ‘n matmessie en ‘n houtbord gesit
en vir agt ure lank blomme vir my rok uitgesny,” vertel sy.
Namate die rok meer gestalte begin kry het, hoe mooier het die geword. Die eindresultaat was ‘n ware sprokiesrok wat Marezha met trots matriekafskeid toe kon dra. Die cerise pienk-en-swart waarop Marezha besluit het, het ’n idilliese styl aan die rok gegee.
“Op die aand het Nathan my met sjampanje en blomme verras, wat dit in ‘n perfekte sprokiesverhaal vir my omskep het. Toe dit vanjaar Marezha se beurt was om haar skoolloopbaan vaarwel te roep, het sy vir Nathan gevra om haar metgesel te wees.
“Ek het eintlik ‘n kompetisie gewen wat deur ‘n plaaslike ontwerper aangebied is, en hy sou my rok maak, maar hy het my later laat weet dat hy dit nie meer sal kan doen nie,” vertel Marezha. Dit is toe dat sy besluit het om weer haar eie rok te maak.
“Hierdie jaar het ek besluit op cobalt/koningsblou met silwer en geborduurde blou blomme. 2019 was my jaar en ek het besluit om net meer selfvertroue te hê met dié rok,” vertel Marezha.
Sy het die hele September hard daaraan gewerk. Om aan die rok te werk was amper soos ‘n stresverligter na al die leer.” Die eindresultaat was ‘n praguitrusting waarvan haar skoolmaats nie eens geweet het dat sy dit self gemaak het nie.
”Ek was baie tevrede met die rok. Dit het my koninklik mooi laat voel en dit is ‘n aand wat ek nooit sal vergeet nie,” sê die talentvolle tiener.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button