NewsNews

Só help Matla a Bana dié eenhede om trauma te hanteer

Vir polisielede wat in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortreding-eenhede werk, verg dit besondere emosionele vaardighede. Baie brand uit omdat hulle nie hul eie trauma kan hanteer nie. Tog is dit juis hierdie sogenaamde “sagte” vaardighede wat lede moet help om slagoffers se trauma, en elke unieke situasie reg te hanteer. Dit …

Vir polisielede wat in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortreding-eenhede werk, verg dit besondere emosionele vaardighede. Baie brand uit omdat hulle nie hul eie trauma kan hanteer nie.

Tog is dit juis hierdie sogenaamde “sagte” vaardighede wat lede moet help om slagoffers se trauma, en elke unieke situasie reg te hanteer.
Dit is hier waar Matla a Bana ‘n unieke bydrae lewer met 6 000 SAPD-lede van eenhede landwyd, maar ook by gemeenskap dienssentrums, wat al sedert 2002 opgelei is.
Juis omdat daar aansienlike koste verbonde is aan hierdie opleiding waarvoor daar nie altyd fondse is nie, word dit dikwels agterweë gelaat, sê Monique Strydom van Matla a Bana.
Sy sê dat dieselfde opleiding reeds in die Noordwes, Gauteng, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal met groot sukses gedoen is om sekondêre trauma by slagoffers te verminder en beter sukses te behaal in die hantering van sake.

Op 13 November is 25 Vrystaatse lede van dié eenhede saam met brig. Likhele in Parys opgelei in die beginsel van negatiewe veerkragtigheid wanneer dit kom by die hantering van trauma en spanning. Die opleiding van twee dae word geborg deur Clear Water Mall, gemeenskappe en kerke.

Gebaseer op dr. Merle Friedman, wêrelderkende trauma navorser se studie, het dr. Mike Sears, sielkundige van Johanneburg wat self in die sekuriteitsindustrie gewerk het en uit eie ervaring kan praat oor post-traumatiese stressindroom, die kursus gelei. Monique self het met die groep gesels oor trauma bestuur, en Leonore Louw van Maselouw, oor die hantering van spanning.
‘n Soortgelyke kursus is ook in 2016 by verskeie eenhede in die Vrystaat aangebied, waar veral gekyk is na konflikbeheer en emosionele intelligensie.

* Matla a Bana is in 2 000 gestig deur Monique Strydom nadat nadat sy ‘n vier maande lange gyselaarsdrama in die Fillipyne oorleef het waar sy deur Al Qaeda terroriste aangehou is. Die oggend van haar vrylating het sy onderneem dat sy haar lewe sal wy om ander in nood te help. Sedertdien het Matla a Bana ‘n stem teen kinderverkragting en -geweld geword.
Naas die kursusse wat aangebied word, voorsien Matla a Bana ook noodpakkies vir kinders waar verkragting of seksuele mishandeling gerapporteer is. Tweehonderd pakkies is reeds in die Vrystaat alleen versprei. Altesaam 52 kinderraporteringsentrums is ook by GKS-eenhede in provinsies soos die Noord-Kaap, Limpopo, Mpumalanga, die Wes-Kaap en Oos-Kaap geopen, gerugsteun deur die Old Mutual Staff Volunteer Trust.
Parysenaars sal Matla a Bana ook onthou vir die borg van skooltoere, veral na landelike skole waar hul bewusmaking doen oor geweld teen kinders.

 

 

Related Articles

Back to top button