NewsNews

Pa skiet seun: Saak gaan hersien word

Pa skiet seun: Saak gaan hersien word

Die direkteur van openbare vervolging gaan die bevinding van die hof in die saak van Vanderderbijlpark wat sy seun geskiet het nadat hy hom as ’n inbreker aangesien het op hersiening neem.
Coert Kruger sr. is in Septembermaand van die moord op sy seun, Coert Kruger jr. vrygespreek en het tronkstraf vrygespring. Hy het sy seun doodgeskiet nadat hy by ‘n buur-woning ondersoek ingestel het. Hy het “die inbreker” op die dak gesien en geskiet.
Streeklanddros Robert Button het tydens sy uitspraak vroeër vanjaar vir Kruger gesê: “Elke keer wat jy in die spieël kyk, gaan jy in die oë van jou seun se moordenaar kyk.”
Volgens die Gautengse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, sien die direkteur van openbare vervolging die uitspraak as skokkend.
Die nasionale vervolgingsgesag sê landdros Button het gefouteer deur nie in sy uitspraak die nuutste regspraak in ag te neem nie.
* Volledige berig in Woensdag, 27 November se uitgawe van Vaalweekblad.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button