Volgens die jongste verslag het Eskom aangedui dat hy die kragtoevoer gaan ontkoppel van minstens 60% van die 200,000 Soweto huishoudings wat oor voorafbetaalde kragmeters beskik.
Die rede hiervoor is volgens Eskom toe te skryf aan die feit dat die meerderheid van die huishoudings onwettige koppelings het, en daardeur die kragvoorsiener besteel.
Kenners sê dit is een van die redes waarom die gereelde betalers so swaar belas is met onredelike hoë tariewe vir die afgelope dekade.
Eskom het tot die optrede besluit nadat die Hooggeregshof die aansoek van Soweto inwoners verwerp het waarin gevra word dat Eskom verbied word om die krag af te sny.