NewsNews

Sekswerkers plaas meer druk op polisie

Sekswerkers plaas meer druk op polisie

Die polisie het hulle hande vol om die publiek teen misdaad te beskerm. Asof dit nie genoeg is nie, word hulle tyd gemors deur mans wat diefstalklagtes teen sekswerkers lê, omdat hulle tydens hulle “kuiers” van hulle persoonlike besittings soos beursies en selfone beroof word.

Volgens die stasiebevelvoerder, brig. Steven Moodley, veroosaak hierdie onwettige praktyke onnodige druk op die polisie.

Diefstal en prostitusie is onwettig in Suid-Afrika. Hy waarsku die publiek om veilig te wees, veral in die komende feesseisoen, wanneer misdaad toeneem en gee die volgende veilingheidswenke wat toegepas kan word:

Wees veilig by die huis

  • Maak voorsienning dat buiteligte werk en onthou dat buiteligte wat gedurende die dag brand, booswigte se aandag trek.
  • Dring aan op die identiteit van vreemdelinge wat besigheidsbesoeke aflê of vir herstelwerk en aflewerings aanmeld.
  • Wanneer jy vir ‘n lang periode weggaan, moenie jou huis onbewoon laat nie. Vra liewer dat iemand in jou huis woon of lig die polisie of jou sekuriteitsmaatskappy in dat jy nie by die huis is nie sodat hulle patrollie in jou area ry.

Wees veilig in jou motor

  • Weet altyd vooraf waarnatoe jy oppad is.
  • Moenie drink en bestuur nie en vermy spoedoortredings deur betyds na jou eindbestemming te vertrek.
  • Moenie vreemdelinge oplaai nie en moenie langs verlate dele van die pad stop nie.
  • Moenie jou selfoon gebruik wanneer jy bestuur nie.
  • Waardevolle items moenie in jou kar sigbaar wees nie. Sluit dit liewer in die kattebak toe.

Wees veilig op straat

  • Beplan jou roete vooraf.
  • Moet nooit alleen loop nie.
  • Moenie onder die invloed van alkolhol wees wanneer jy langs die pad loop nie.
  • Indien jy alleen moet loop, beplan jou roete en bly in areas wat goed belig is, veral gedurende die nag.
  • Dit is nie veilig om met ‘n groot hoeveelheid kontant by jou te loop nie. Gebruik liewer ‘n bankkaart om transaksies te doen.

Wees veilig by die OTM

  • Beskerm altyd jou pin deur jou hand af te skerm wanneer jy jou kode tik.
  • Moet nooit vir ‘n vreemdeling hulp by ‘n OTM vra nie.
  • Vermy afgeleë OTM’s – veral laat in die aand.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button