NewsNews

Hiervoor moet jy versigtig wees

Winkeleienaars wees gewaarsku!

Wees baie versigtig wat jy naby vensters pak. ‘n Hele paar besigheidseienaars in Parys was die afgelope twee weke slagoffers van inbrake by besighede waar vensters van die onderneming gebreek en die diewe blitsig gevat het wat ookal naby die venster gestaan het. Selfs in sentrums loop besighede deur.
Kaartdiefstal by OTM’s bly ook steeds ‘n groot bron van kommer in die dorp.
Jy kan onder geen omstandighede toelaat dat iemand jou by ‘n OTM help nie. Moet ook nie jou pinnommer saam met jou kaart bêre nie. Gebruik eerder die OTM wanneer daar ander kliënte ook is.
As jy onraad vermoed of iemand verdag by die OTM sou opmerk, moenie die OTM gebruik nie.
Misdadigers is geslepe en vang hul slagoffers dikwels onkant.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button