NewsNews

Daar word gewerk aan dié skande-gat

Daar word gewerk aan die skande-gat

Nadat Gazette verlede week berig het oor die skande gate na konstruksiewerk vir die verlenging van die riool-uitvallyn vanaf Tumahole, onder Wesstraat na die rioolwerke, is daar vanmiddag begin met herstelwerk op die h/v Tweedelaan en Wesstraat, deur die kontrakteur Kgwadi ya Madiba.

Werknemers van die kontrakteur wat hier besig was met herstelwerk, het egter gesê dat die gat op die h/v Wes- en Derdelaan langs die Rooidam, munisipale verantwoordelikheid is.

By beide die gate wat vir twee weke nou al so lê,  is powere pogings aangewend om motoriste en voertuie te waarsku teen die gevaar.

Dit is hoe dit net na 13:00 vanmiddag gelyk het, maar daar is toe nog gewerk aan die gat.

So het die gat op die h/v Tweedelaan en Wesstraat verlede week gelyk.

 

 

Related Articles

Back to top button