NewsNews

AfriForum teleurgesteld met regter se beslissing oor dorp se waterkwessie

AfriForum teleurgesteld met regter se beslissing oor dorp se waterkwessie

AfriForum het nie geslaag in sy aansoek vir ‘n dringende hofbevel teen die Ngwathe munisipaliteit in sy  voortslepende stryd oor die drinkwatergehalte in die dorp. Die organisasie wou met sy dringende hofbevel versoek dat die munisipaliteit onmiddellik aandag aan die swak gehalte van kraanwater gee en dat inwoners binne ’n maand toegang tot skoon water moet hê.

Die AfriForum-tak in Parys het intussen ’n watertenk by die N.G. Kerk-Suid opgerig, waar boorgatwater vir die publiek beskikbaar is. ’n Monster van dié water word tans by ’n laboratorium getoets om seker te maak dat dit vir menslike gebruik geskik is. Die publiek sal oor die uitslag in kennis gestel word. Daar is ook waterpunte in Sasolburg en Vanderbijlpark, waar plaaslike AfriForum-takke water insamel om dit in Parys te versprei.

“Hoewel ons baie teleurgesteld is dat die inwoners van Parys se welstand klaarblyklik nie vir die hof belangrik genoeg is nie, sal ons nie ophou om druk op die munisipaliteit te plaas oor die gehalte van Parys se drinkwater nie – elke inwoner het die reg tot skoon drinkwater en dit is immers die munisipaliteit se plig om dit te verskaf. ” Ons is steeds bereid om  saam met die munisipaliteit na oplossings te soek, sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Lees die volledige berig en ook die munisipaliteit se kommentaar in hierdie week se Gazette.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button