NewsNews

Parys tel die dae tot by blomme-skouspel

As jy nog nie die Free State/Madeira Flower Festival skouspel in Parys beleef het nie, is hierdie jou kans. Hierdie ongelooflike blommeprag sal vanjaar op 30 November vanaf 16:00 in die hoofstraat van Parys gesien kan word. Vyf vlotte met duisende blomme wat die toerisme-roetes in die Vrystaat voorstel, kleurvolle dansers en ‘n straatfees-atmosfeer met …

As jy nog nie die Free State/Madeira Flower Festival skouspel in Parys beleef het nie, is hierdie jou kans. Hierdie ongelooflike blommeprag sal vanjaar op 30 November vanaf 16:00 in die hoofstraat van Parys gesien kan word.

Vyf vlotte met duisende blomme wat die toerisme-roetes in die Vrystaat voorstel, kleurvolle dansers en ‘n straatfees-atmosfeer met polsende ritme.

Die fees begin reeds op 28 November met ‘n patform wat geskep word vir gesprek oor sake rakende die blomme-industrie. Dan is daar ook nog ‘n gholfdag op beide Parys se spog gholfbane, en die aksie-belaaide Power Boat Festival wat Sondag 1 Desember van 10:00 tot 18:00 by die Parys Golf & Country Estate gehou word.

So lyk vanjaar se feesprogram

Maar dis nie al nie. Vanjaar se blommefees sal ook vir die eerste keer vir besoekers aan die dorp die geleentheid bied om besighede in die dorp te ondersteun met ‘n laatnag inkopie-avontuur wat reeds verskeie kere met groot sukses deur die organisasie We do Deal on Heels aangebied is. Dit beteken dat verskeie besighede en restaurante in Parys se hoofstraat maar ook in van die systrate hul deure later sal oophou op Saterdag 30 November. Kom kuier saam, geniet die inkopie-ervaring wanneer jy laatnag deur die strate van Parys kan loop met talle liggies, straatmusikante en die warm gasvryheid wat Parys en sy mense jou kan bied. 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button