NewsNews

Internis sterf in sy slaap

Internis sterf in sy slaap

Vyf dae nadat ‘n tweede internis, dr. David Masuku, ‘n praktyk by Mediclinic Potchefstroom geopen het, is dr. Brian Altona (70),  Woensdag, 6 November in sy slaap dood. Hy het vir die afgelope 12 jaar as internis by Mediclinic gepraktiseer.

Sy vrou, Elize het onraad vermoed toe hy Woensdagoggend om 07:00 nie wou wakker word nie. Volgens haar het sy gesondheid afgeneem nadat hy in Meimaand ‘n rugoperasie ondergaan het. Sy sê hy was die vorige aand nog op roep en het deur die nag opgestaan om telefonies opdragte aan mediese personeel te gee.

Dr. Altona is op 26 Julie 1949 in Bloemfontein gebore en het sy mediese studies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy het in Bloemfontein, Uitenhage, Klerksdorp en Carletonville gepraktiseer.

Sy vrou onthou hom as ‘n introvert met ‘n fyn sin vir humor. “Hy het ‘n fotografiese geheue gehad en kon telefoonnommers en nommerplate uit sy kop onthou. Hy het ‘n groot algemene kennis gehad en het altyd al sy pasiënte sy uitslae uit sy kop onthou en nooit ‘n notaboekie by hom gedra nie”, sê sy.

Dr. Altona laat sy vrou Elize, twee dogters, Estée Campher en Gisela Altona, skoonseun Marko Campher, drie kleinseuns, Christiaan, Anrich en Daniël asook  sy suster Carol agter.

Sy afskeidsdiens is Saterdag, 9 November deur ds. Janneman van Wyk vanuit die Duet Gemeente in Potchefstroom waargeneem.

‘n Ander internis, dr. David Masuku, het op 1 November sy praktyk by Mediclinic geopen.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button