NewsNews

Sjef Tino wys sy slag by Wêreld Tapas-uitdaging

Sjef Tino wys sy slag by Wêreld Tapas-uitdaging

Liezl Scheepers
Tino Passano, oudskolier van Parys en deesdae hoofsjef van die Tantalus Estate Vineyard op Waiheke-eiland in Auckland, Nieu-Seeland, het die spogtoekenning as Australiaanse Tapas Kampioen vir 2019 letterlik voor die neuse van top sjefs weggeraap.
Tino se wenprys was ‘n kaartjie na Spanje waar hy van 7 tot 10 November in Valladolid, Spanje, aan die Wêreld Tapas-kompetisie kon deelneem. Met die Australiaanse kompetisie op 16 September by Ignite Colleges Cookery School in Manukau, Auckland, het 27 sjefs hul messe vir die kroon geslyp, maar was dit Tino se smaaklike variasie van die klassieke Kiwi worsrol wat die deurslag gegee het.
Deelnemers het net 25 minute gehad om hul tapas gereg voor te berei en het punte verdien vir oorspronklikheid, aanbieding, geur en potensiaal vir besigheid. Tino is self lief vir worsrolle en wou iets nuuts en anders probeer, wat hy inderdaad reggekry het.
Tino se liefde vir kosmaak kom van sy ma, Clarissa, wat destyds ’n spyseniersonderneming bedryf het, en tans bestuurder is by Sally Martin Park.
Tino het haar dikwels in die kombuis gehelp en graag sy hand aan nuwe idees in die kombuis gewaag. Na skool het hy die keuse van sjef-wees of rekeningkundige gehad, en het hy sjef-wees gekies.
Tino het by Tantalus Estate in 2016 begin en sommer gou gevorder tot hoofsjef in 2017. Hy hou daarvan om Suid-Afrikaanse geure by sy geregte in te sluit, en bly gebraaide hoendervlerkies en braaibroodjies ‘n groot gunsteling vir hom.
Tino is die seun van Chris en Clarissa Passano van Parys.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button