NewsNews

#ImStaying – so wil kunstenaar ’n verskil in Parys maak

#ImStaying - so wil kunstenaar ’n verskil in Parys maak

Positiwiteit in ’n land waar angs, geweld, ’n moeilike ekonomiese klimaat, lekkende staatskoffers en vallende publieke dienste seëvier. Dit is die rede waarom Jarrette Petzer met die Facebook-groep #ImStaying begin het. Op dié blad het hy redes begin aanvoer waarom mense in Suid-Afrika moet bly en die dinge wat Suid-Afrika uniek maak.
Die landwye groep het binne ’n maand meer as 400 000 lede gewerf en staan tans op 871 000 lede. Dit blyk dat Suid-Afrikaners honger is vir goeie nuus!
Om te wys dat baie Parysenaars die #ImStaying inisiatief ondersteun en ook eerder die positiewe wil uitlig, het kunstenaar Deon TerBlanche besluit om ’n muurskildery by die dorp se ingang regoor Namgola te verf. Dit sal plaaslike inwoners hopelik elke dag aanspoor om meer positief te wees, sê hy.
“Dit sal ook aan besoekers verkondig dat ons dorp positief is en graag wil saamwerk om ’n beter Suid-Afrika daar te stel.”
TerBlanche het op Facebook gevra dat besighede wat wil saamwerk om die koste van die skildery te dra, hom moet kontak. Hy het voorgestel dat besighede wat R500 of meer skenk, se naam by die skildery aangebring sal word.
TerBlanche vertel dat hy oorval is deur die positiewe gesindheid van Parys se besighede. Die muur word hierdie week gepleister en voorberei.
Indien jy betrokke wil raak, is skenkings van enige waarde nog welkom. Surplus fondse sal aangewend word om nog verf te koop om sodoende meer positiewe kuns die dorp in te bring, veral by plekke wat ‘n spreekwoordelike “seer oog” is.
Donasies kan inbetaal word by: D. TerBlanche – FNB: Cresta, Branch code: 254905, CURRENT ACC: 62318573153.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button