NewsNews

Dissipline en dienslewering belangrik vir stasiebevelvoerder

Dissipline en dienslewering belangrik vir stasiebevelvoerder

Dissipline en dienslewering. Dit is wat belangrik is vir stasiebevelvoerder lt.kol. Jacques de Vos wat vanaf 1 Oktober die man in beheer is van die Parys-polisiestasie.
Hy neem oor by lt.kol. Mokhele wat waargeneem het na die dood van kol. Kotsoane wat voorheen die pos as stasiebevelvoerder beklee het.
Om stasiebevelvoerder te wees is egter vir hom niks nuuts nie. Hy was die afgelope twee en ‘n half jaar ook stasiebevelvoerder in Villiers, voor dit in Cornelia en 11 jaar in Ladybrand (Kommissiepoort).
Hy sê dat hy die polisie se visie sal uitoefen en dienslewering wil verbeter deur saam met die 75 SAPD-lede by Parys-polisiestasie, hand-aan-hand saam te werk met die gemeenskap om misdaad te bestry.
Juis daarom wil hy ook na die gemeenskap uitreik en sê hy dat sy kantoordeur oop is vir die publiek, sou daar vrae of selfs klagtes wees. Wanneer hy nie op kantoor is nie, is mense welkom om vir hom ‘n e-pos na fs.parys.sc@saps.gov.za te stuur.


’n Stasiebevelvoerder se grootste taak is om te sorg dat alles reg verloop by ‘n polisiestasie, en juis daarom sê hy is dissipline belangrik.
Huisbrake en diefstal uit voertuie bly steeds ‘n groot kommer in die dorp, veral met die Feesgety wat voorlê, maar hy sê dat die veiligheid van die dorp en sy inwoners die hoogste prioriteit is.
* Die publiek word herinner aan die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) se algemene jaarvergadering wat op 28 November om 18:00 in die kerksaal van die NG-gemeente Parys-Wes gehou word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button