NewsNews

Bloedskenkers in Parys gee meer as hul deel

Dankie Parys!

Bloedskenkers in Parys het Dinsdag 12 November meer as hul deel gedoen vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD). Altesame 127 eenhede bloed is by die mobiele kliniek ingesmael wat meer as 300 lewens sal kan reg hierdie Feesseisoen.  Dit terwyl die mikpunt vir die dag 100 eenhede bloed was.

Baie dankie Parys!

Tradisioneel is November en Desember ʼn moeilike tyd vir die SANBD omdat daar nie daarin geslaag kan word om die 3000 eenhede bloed wat daagliks benodig word, in te samel nie.

Tog raak die behoefte aan bloed ons almal.

Agt uit tien mense sal bloed of bloedprodukte op ʼn stadium in hul lewe benodig. Met een bloedskenking kan jy soveel as drie lewens red. Eenheid bloed word in 3 komponente geskei: rooibloedselle (om die bloedvolume te vervang van ʼn persoon wat baie bloed verloor het, bv. tydens ʼn motorongeluk of kindergeboorte), plasma (vir mense wat aan ʼn bloedsiekte, bv. hemofilie ly of wat ernstige brandwonde opgedoen het) en plaatjies word gegee aan kankerpasiënte, wie se plaatjies deur chemoterapie vernietig is.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button