NewsNews

Vrou (30) dood in motorongeluk buite Potchefstroom

‘n Vrou (30) is gisteraand (9 November) dood toe sy in ‘n motorongeluk op die Vereenigingpad (R54) net buite Potchefstroom betrokke was.

‘n Vrou (30) is gisteraand (9 November) dood toe sy in ‘n motorongeluk op die Vereenigingpad (R54) net buite Potchefstroom betrokke was.

Volgens Ross Campbell, ‘n woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 21:30 by die ongelukstoneel gekom. Volgens hom blyk dit dat die vrou se motor kop-aan-kop met ‘n vragmotor gebots het.

Die vrou is op die toneel dood verklaar en die bestuurder van die vragmotor het beserings opgedoen.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend maar plaaslike owerhede was by die toneel vir verdere ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button